
=====================================================================
Hier vonk die taal! (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hier vonk die taal!

Leon van den Berg   gee voorbeelde uit die lewendige koerantgesprek en vonkpos-gesprek wat hy oor taal en by uitstek Afrikaans aan die gang 
gesit het. TOE ek 'n bietjie meer as twee jaar gelede die jawoord gekry het vir "Taalgesprek", was ek skielik bang dat dit uit die 
staanspoor gaan misluk. Hoe verduidelik jy aan lesers dat 'n rubriek doodgebore is?

Dit was onnodig. N die eerste "Taalgesprek", waarin lesers genooi is om deel te neem, het die bydraes drupsgewyse begin inkom en daarna al 
hoe vinniger totdat ek n net twee maande met 'n maand verlof kon gaan -- daar was genoeg bydraes vir minstens drie rubrieke vooruit.

Sowat elke gesprek was boeiend, daarom moet ek hier maar 'n klompie gesprekke uitsonder by wyse van 'n steekproef.

Enkele lesers het gewys op die verkeerde gebruik van wie in bv. die man "wie" daar staan, waarop adv. I.A. Nortj die regte gebruik mooi 
tuisgebring het met 'n aanhaling uit sy boek Stilte in die hof:

"Die advokaat het in die applhof aanhoudend gepraat van sy klint as wie toe hoofregter Rumpff hom in die rede val:

"'Ken u die Onse Vader?'

"Advokaat: 'Ja u edele.'

"Regter: 'S dit dan op.'

"Advokaat: 'Onse Vader wat in die hemel is -- '

"Regter: 'U hoef nie verder te gaan nie.'"

A.J. de Kock   het 'n hele debat ontketen met die vraag waarom die gesegde "suig aan die agterste speen" gebruik word vir iemand wat met 
die naasbeste moet klaarkom. Die agterspene gee immers die meeste melk.

Charl M. von Wielligh skryf toe die gesegde kom waarskynlik "van iemand wat 'n koei nie goed ken nie". Dit moet wees: "Hy suip aan die 
vyfde speen." Soms het 'n koei 'n vyfde, baie klein fratsspeentjie wat droog is en nie melk produseer nie.

Mnr. Colin Clark het die bestaande uitdrukking "self beleef" toe hy as kind   met die melkery gehelp het. Dit was glo 'n gesukkel met 'n 
dors kalf en 'n onrustige koei bymekaar. Die twee agterste spene is eers uitgemelk, want dit het meer melk gehad as die voorstes. Om te 
keer dat die kalf lastig is, is hy toegelaat om as troos aan die agterste speen te suip, al was daar baie min of geen melk meer nie.

Prof. S.T. Zietsman vertel toe dat 'n Amerikaanse kollega op 'n plaas in Amerikaner se verduideliking aan prof. Zietsman. ... [Hier vonk 
die taal! (AV 6:2)]   Ohio grootgeword en met die varkboerdery gehelp het. 'n Groot sog se agterspeen is half onder die agterbeen/boud as 
sy op haar sy l. Met 'n groot werpsel het die swakste varkie by die agterspeen beland en is hy soms deur die ma se boud doodgel. Vandaar 
"sucking hind tit" as 'n ongunstige toestand, was die Amerikaner se verduideliking aan prof. Zietsman.

Dis nie "agterste speen" nie, maar agterspeen, het Hannes Cronj opgemerk.   'n Koei het twee voorspene en twee agterspene. Volgens hom 
maak mnr. Von Wielligh se verklaring van die vyfde speen nie sin nie. Die bietjie melk in 'n vyfde speen is net 'n vingerhoed vol of niks. 
Di speen is weinig groter as 'n vrat en "geen kalf het daarom nog ooit in die geskiedenis aan di speen gesuip nie". Die gesegde dui net 
aan dat jy swaarder kry as ander, omdat agterspene "weggesteek sit tussen die koei se agterbene".

"Almal onsin," was die reaksie van mnr. P. Holtman van Nederland.   Dis 'n ou Hollandse gesegde, met daarnaas vroer nog 'n uitdrukking: 
"Hy l aan die voorspeen." 'n Vark het twee rye van ongeveer agt tot nege spene. Een vark kry maklik tien tot vyftien kleintjies. N enkele 
weke blyk dit dat die kleintjies wat aan die voorste en die agterste speen suig, die beste groei. Die melkstroom gaan naamlik meer na die 
voorste en agterste speen as na die ander spene. "Suig aan die agterspeen" beteken hy het vir hom die beste plek uitgesoek. "Hy l aan die 
voorspeen" beteken hy het dit goed getref.

Ook Zoeloe het 'n beurt gekry. Prof. Lionel Posthumus van die departement   Zoeloe aan die RAU het enkele interessanthede vertel oor 
herontlening, byvoorbeeld wat gebeur het met babelas. Die Zoeloe ibhabalazi "is waarskynlik 'n ontlening aan die Afrikaanse woord 
bewerasie". Afrikaans het op sy beurt die woord aan Zulu herontleen as babelas. Dan is daar die Engelse stock fair wat in Zoeloe istokfeli 
geword het. Die Afrikaanse stokvel is waarskynlik weer aan Zoeloe ontleen en uiteindelik is stokvel nou ook deel van Engels.

Die sanger/digter Steve Hofmeyr   het in 'n bydrae gepleit vir die behoud van pejoratiewe (woorde met ongunstige of slegte betekenis).

"As jy Afrikaans is, moet jy rockspider/clutchplate-pejoratiewe leer verwerk. En net soos Jode die kugel-pejoratief, blondines die blond-
pejoratief, Van der Merwes die Koos-pejoratief, Engelsmanne die sout-- -pejoratief moet leer verwerk, sal swart mense eendag sien dat die 
kaffer-pejoratief ook oorleef kan word. Iemand soos ek, Afrikaans en blond, moet reeds twee van die bogenoemde leer verwerk. 
Verdraagsaamheid maak 'n beter wreld, nie monumente wat op hul koppe l nie!"

En les bes 'n taaloorloggie in "Taalgesprek" tussen die afgetrede chirurg dr. Paul Eloff en die satirikus Casper de Vries.     Alles het 
begin metJ.P. Nel   se brief in Beeld waarin hy kla oor die "oneerlike" taal in 'n radiodrama, onder meer die uitdrukking "dit maak my die 
josie in" as 'n voorbeeld van die deftige taal wat hom irriteer. Hy het ter stawing van sy argument dat losser taal eintlik die taal is wat 
mense praat, ook uit Casper se webwerf aangehaal. Casper het in Anglokaans di mengeltaal verdedig. Hier volg kort uittreksels:

Eloff: "Die josie in oneerlik? Is die moer in dan eerlik? Afrikaans aan die lewe hou met show, meanwhile en e-mail? Di soort twak maak die 
Nel cum De Vries-tirade tot 'n blote inanis verborum torrens *(Quintilianus 10, 7, 23) ['n dom woordevloed]."

En De Vries kap terug deur te s dat Eloff sy "konserwatiewe punt maak vir 'n lewendige taal deur pretensieuse aanhalings te maak uit 'n 
dooie een. Waarop De Vries hom ook tot Latyn wend: abominor bos plumbeus *(Prudentius 11, 8, 24) [ek verag die dom dier]." Leon van den 
Berg is joernalis en behartig die rubriek "Taalgesprek" Maandae in Beeld.   Hy het daaruit voortvloeiend 'n taalgesprek op die internet 
begin. Gedagtewisseling geskied per vonkpos. Hy kan by Beeld bereik word by: taal@beeld.com.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6213.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

